Welkom by OumaJakkie.co.za!
Ouma Jakkie is op die 13de April 2009 oorlede. Ons almal gaan haar baie mis! Ouma, jy was een uit 'n miljoen en 'n ware juweel! Ouma, jy sal altyd in ons harte wees!
Spesiale Versoek: Ek vra dat enige iemand, wat ouma Jakkie persoonlik geken het, en indien U wil, vir my iets spesiaals sal skryf oor Ouma Jakkie. Dit kan enige iets wees, soos memories en sommer net watse impak en rol sy in jou lewe gespeel het. Dit sal alles op die website gesit word. E-pos dit asseblief na grobler28@gmail.com . Baie dankie!
Alhoewel ouma Jakkie vandag nie meer met ons is nie, het ek en die familie besluit om haar website ''up and running'' te hou. Ek gaan al die foto's wat ek van haar kan kry opsit en dit op so 'n manier bewaar. Dit sluit natuurlik al haar grapperige lewens stories (die wat ons van weet) in.
