Kort Biografie

Ouma Jakkie (soos ons almal haar geken het) is gebore 1928 in die Villa Nora distrik. In 1936 is sy na Swartwater se Laerskool Unitas toe. Sy is toe Hoërskool Potgietersrus toe. Na sy haar hoërskool jare voltooi het, is sy terug huis toe en is in 1947 by Laerskool Unitas se koshuis as Matrone aangestel. In 1948 ontmoet sy vir Frik Grobler en hulle trou ook dan in 1948. Hulle het op ‘n plaas gaan bly teen die revier. “Ons het swaar gekry, maar dit was lekker dae” vertel Ouma Jakkie.

In 1950 is ouma Jakkie se eerste dogter, Marina, gebore, en in 1951 haar 2de dogter, Totie, gebore en in 1955 is haar seun, Pieter, gebore. Ouma Jakkie vertel: “Ek het my man baie gehelp in die lande, saam met hom op die trekker gery en koffie aan gedra, en met grondboontjie tyd, het ons almal gehelp om die oes in te kry. Later van tyd het ons vir ons ‘n kar gekoop, want in die begin van ons getroude lewe het ons met ‘n mylkar gery, wat baie lekker was, maar die lewe raak naderhand so haastig dat ons toe vir ons ‘n tweedehandse kar gekoop het. "

Ouma Jakkie is vandag nie meer met ons nie, maar sy is soos 'n legende wat sal aanhou lewe van geslag tot geslag!

 

blogspot visit counter